SANTIE GOUWS

Professional Mountain Walking Guide

Reg. Nr. WC 13274


DIT IS MY NAAM

May 2023 /Santie Gouws

Devil's Peak, Cape Town, South Africa



Ek slaan my oë op na die Duiwel

waarvandaan sal my hulp dan kom?

Van kriewelrige duiwe wat op stadsdakke kak, of bergies en hoere wat my sista noem? 


Cabo di Diab, kaap van die duiwel.

Cabo de Esperanza,

kaap van goeie hoop.

Die hollanders het haar amper van haar naam gestroop. 


Diabolies troon sy oor Kaapstad uit,

die suidoos in haar flanke,

Stille aanskouer van skepe en wrakke,

later net slawe se drywende lyke. 


'My suster, my suster' hoor ek haar roep,

dit loei hieronder in die strate.

'Die Tafel is gedek, die Twaalf staan gereed.'

Die leeu lê en lek sy pote. 


Angstig betree ek die onheilige wand.

'n Kransduif koer. Paddas kwaak.

'n Bergstroom kabbel onder duiwelse waak?

Die leeu lê met die suidoos in sy arms en slaap. 


Ek maak dit tot bo, my vrees oorwin,

Paradys van hoop aan my voete. 

Ek kyk om my rond, waar's die Duiwel dan heen?

Dit is ek al die tyd, die diaboliese een.



*****************

Have you heard the mountains calling? WHATSAPP Santie today to start planning your personalized PRIVATE GUIDED HIKING EXPERIENCE!