SANTIE GOUWS

Professional Mountain Walking Guide

Reg. Nr. WC 13274


HOOGTEPUNT

November 2021 /Santie Gouws

En route Groot Winterhoek Peak, Western Cape South Africa



Apatiese pieke

grynslag afsydig,

afgronde splinter die oneindigheid in. 


'n Krantzprotea anker

haar wortels al dieper,

oreotragus oreotragus wil my huistoe bring. 


Al hoër en hoër,

versigtig versigtig,

sal waagmoed en drif die vrese oorwin? 


Die oomblik skep asem

weerklank van spasie,

rotswande eggo die kransduif se song. 


Hoor ek kraaie wat kwetter,

is dit ek wat daar vlieg?

Dis die kranse wat knetter, dis ek wat daar spring!

 

*voetnota: 'Oreotragus oreotragus oreotragus' is die wetenskaplike naam van die Kaapse Klipspringer

*****


Have you heard the mountains calling? WHATSAPP Santie today to start planning your personalized PRIVATE GUIDED HIKING EXPERIENCE!