SANTIE GOUWS

Professional Mountain Walking Guide

Reg. Nr. WC 13274


OORDEELSDAG

February 2024 /Santie Gouws

Table Mountain, Cape Town, South Africa



O warm is die winde

en droog.

En kreunend in die stof-lig 

en swaar -

so gereed as die duiwel se tonteldoos -

lê die velde en wag vir die smaad.


En hoog in die kranse

tussen skimme se skanse

is die klippe aan smeule,

soos 'n bakoond se wande.


O knarsend die klaaglied,

dis die suidoos se trant,

soos die geween van 'n engel, 

haar vlerke verbrand.


So word ons gesuiwer

in die vagevuur.

Bring hoogmoed ten gronde,

dis die laaste uur.


Footnote:

A poem in my native language, Afrikaans

Inspired by the fires and intense, dry summer of 2023/2024 on Table Mountain

An attempt to mirror another very well known poem, called Winternag, by one of South Africa's top poets, Eugene N. Marais.

*****************

Have you heard the mountains calling? WHATSAPP Santie today to start planning your personalized PRIVATE GUIDED HIKING EXPERIENCE!