SANTIE GOUWS

Professional Mountain Walking Guide

Reg. Nr. WC 13274


WAAR SWART VLINDERS FLADDER

September 2019 /Santie Gouws

Tankwa Karoo National Park, South Africa



So sal ek dan tot in der ewigheid bly staan,

koel naglug teen my vel

- sonder ‘n draad klere aan –

onder die melkweg, die skerpioen

en die stil nuwe maan

 

totdat ook ek, uiteindelik

 

of

in die niet vergaan

of

in volle blom uitslaan


 

*****


Have you heard the mountains calling? WHATSAPP Santie today to start planning your personalized PRIVATE GUIDED HIKING EXPERIENCE!